RSA nie in resessie

Ontleders sê Suid-Afrika se ekonomie is gevaarlik naby aan negatiewe terrein indien die huidige tendense voortduur, het die jongste Beti-indeks getoon.

Mike Schüssler, hoof-ekonoom van Economists.co.za, sê die goeie nuus is dat Suid-Afrika, anders as talle ander lande soos in Europa, beslis nie in ‘n resessie is nie, ten spyte van die Beti-indeks wat ‘n geruime tyd al op ‘n verlangsaming in die ekonomie dui.

Schüssler sê egter die Beti-indeks soos in die Junie verslag gewys word, is die swakste op ‘n jaargrondslag sedert April 2011. Die kwartaallikse persentasie-verandering is op die laagste vlak sedert Desember verlede jaar.

Die ekonoom sê indien dié afwaartse neiging bevestig word, sal dit die eerste keer sedert die resessie van 2008/2009 wees wat groei negatief is.