Regering oneerlik sê LP Abram

Die staat koop baie plase en nasionaliseer reeds die land daarmee omdat dié grond sy eiendom bly en nie oorgedra word nie, sê mnr. Salam Abram, ANC-LP.

Salam sê die Regering pas sosialisme toe en meng in op terreine waarvan hy niks weet nie. Hy noem byvoorbeeld die wolbedryf en sê dit is belaglik hoe politici dié bedryf wil reguleer terwyl hulle duidelik niks van die biologiese werklikhede van die landbou verstaan nie.

“Daar is uitstekende amptenare in die staatsdiens, maar die grootste aantal amptenare in alle departemente dink eerder aan redes hoekom iets níe gedoen moet word nie as om dit te pak en die werk te doen.”

“Ons moet by die punt kom waar politiek uit die landbou gehaal word en van alle boere wat iets produseer, as landbouers gepraat word.”