Regering lag protes af


Ons treur oor die moorde…..

Op Dinsdag, die 19de Junie 2011 is ‘n optog na die uniegebou gehou waar ‘n memorandum aan die regering oorhandig is. Verskeie versoeke is aan die regering gerig en die regering is tyd gegee tot 31 Julie 2012 om aan die versoeke gehoor te gee.

Sunette Bridges, sangeres en dogter van die bekende Bles Bridges wat aan die staptog deel geneem het, het kort na die optog op haar Facebook bladsy geskryf ” Die “Goewerment” het tot 31 Julie om daarop te reageer… Kom ons kyk… en dan wat? Ek weet nie… Ek plaas verseker NIE my hoop op die ANC om ag te slaan op ons griewe nie ”

Hierdie optog wat gereel is deur die sanger Bobby van Jaarsveld en waaraan talle kunstenaars deel geneem het, het onder die slagspreek “stap in vrede, vir vrede” plaasgevind.

Die optog is ondersteun deur Afriforum en duidelike riglyne is aan deelnemers gegee dat slegs amptelike plakkate gebruik mag word. Ook is daar ‘n verbod op die dra van alle vlae geplaas.

Plakkate wat voorsien is, was advertensieborde van Afriforum met slagspreke op.

Sunette Bridges het later op haar Facebook bladsy geskryf: ” dit was die HEEL laaste maal dat ek in “Vrede” gestap het, ontneem van my reg om my 4 Kleur te laat wapper! Ontneem van my REG om die Volkslied te sing sonder dat dit met vreemde tale vermeng is! Ontneem van my reg om kwaad te wees! ” sy het ook geskryf “Die media het ooglopend grotendeels ons protes geïgnoreer! Die DA, wat kamma so teen misdaad is, het geskitter in hul afwesigheid”

Die optog wat geadverteer is dat dit deur alle rasse mee gemaak sal word, was met die uitsondering van enkele genooide bruin en swart kunstenaars, oorwegend deur blankes bygewoon. “Waar is al die swart mense?” Wou die kunstenaar Karlien van Jaarsveld tydens die staptog weet.

‘n Facebook gebruiker, Buks Barnard skryf op sy profiel: ” ‘n Mens wil geen poging om misdaad stop te sit afkam nie, maar aan die foto’s wat mense op die Internet geplaas het, wil dit ongelukkig lyk asof ‘n groot aantal van die stappers die optog bygewoon het om oor hulle vermaakhelde te swymel.”