Red taal en dialekte

San Francisco – Google het met ‘n plan om die tale wat besig is om uit te sterf, te red.

Vakkundiges en taalkundiges word betrek in die internetreus se program van ‘n “Endangered Languages Project-webwerf” waar mense inligting kan vind, of kan toevoeg en berg oor dialekte en tale wat moontlik kan uitsterf.

“Mense kan hul kennis en navorsing direk op die webwerf plaas en daardeur hulp verleen om besonderhede op datum te hou,” het die projekbestuurders C. R. Rodriguez en ene Rissman gesê.

Die webblad kan besoek word by: endangeredlanguages.com.