Rassistiese weerlig

Die Natalse lid van die uitvoerende komitee vir samewerkende regering en tradisionele sake, Nomsa Dube het die Nasionale departement van wetenskap en tegnologie versoek om ‘n ondersoek in te stel na die oorsake van weerlig na sewe mense deur weerlig doodgeslaan is. “Ons sal ‘n ondersoek doen en die departement van wetenskap en tegnologie vra wat die oorsaak is van weerlig en of dit slegs voorheen benadeeldes affekteer, aangesien ek nog nooit gesien het dat ‘n wit persoon deur weerlig getref is nie” het Dube gesê. “Die departement het al met vloede en brande te doen gekry, maar weerlig  is nuut vir ons” het sy bygevoeg.