Puik!

Geagte Redakteur

Baie dankie vir ’n puik koerant. Dit kom soos manna ! Betyds na die verraad met die destydse Volksradio wat nou in die hande van die Facebook-Twitter bende van Solidariteit is.

Maar ek wil nie daaroor praat nie. Ek wil u hartlik bedank vir die pragtige manier waarop u koerant die ware Boere-Afrikaners dien. Die koerant is aktueel, op die punt af en werklik goed gebalanseerd.

Die koms van die koerant is werklik tydig met dié dat ons huisgesin nie meer na die radio luister nie.

Baie dankie en sterkte toegewens aan u en almal wat saam met hierdie taak verrig.

Groete

Pieter Bothma