Plakkers geweld

Sky News het ontstellende beeldmateriaal bekom van township-inwoners wat die reg in hul eie hande neem en misdadigers self vasvat.

Dié “strawwe” lei dikwels tot die dood.

Die nuusbron noem ook dat Suid-Afrika een van die hoogste misdaadsyfers ter wêreld het en dat diegene wat in informele nedersettings woon, die reg in hul eie hande neem omdat hulle nie die polisie vertrou nie.

Die span van Sky News het Diepsloot in die noorde van Johannesburg besoek. Inwoners het aan die verslaggewers gesê die misdaadsyfer is hoog en dat die polisie nie genoeg doen om dit onder beheer te hou nie.

Talle inwoners sê hulle vertrou “gemeenskapsboewe” om die misdaad uit te sorteer, eerder as om op die polisie staat te maak.