Opleiding nou noodsaaklik

Met die volksmoord wat die afgelope twee weke in velheid toe geneem het, het die Donkerhoek Verkenners in ‘n verklaring aangekondig dat hulle ‘n selfverdedigingskurses sal aanbied op Saterdag 16 Junie 2012.

Daar is al honderde volksgenote op die manier opgelei en ieder en elk van hulle is van mening dat hulle, hulself nou beter sal kan handhaaf in ‘n lewe-of-dood situasie.  Die kursus inhoud bestaan oor gevegs-sielkunde, ‘n meskursus, aanvalstegnieke, verdediging teen wapens en messe, arrestasie tegnieke, teen-verkragting tegnieke en ook teen-kaping tegnieke.  Die kursus is oop vir volksgenote van 14 jaar tot 80 jaar.  Mans sowel as dames sal  baat vind by hierdie kursus.

Die kursus word aangebied op 16 Junie 2012 vanaf 8:00 tot 17:00.  Kursusfooi is R300 per persoon wat ‘n selfverdediging-mes insluit en ‘n ligte middag-ete word ook voorsien.  Daar is net 50 plekke beskikbaar, gevolglik moet daar vinnig gespring word.  Vir meer inligting, gaan besoek www.donkerhoekverkenners.co.za.  Enige navrae en besprekings kan gedoen word by [email protected] of tel : 079 357 5804