Oorlog Klimaat verhoog

Die DA se Anthony Benadie het ‘n kriminele klag gele van intimidasie teen die ANCYL se waarnemende President Robert Lamola. In antwoord hierop het die ANCYL by monde van Magdalene Moonsamy gese dat dit die DA is wat Suid-Afrika in ‘n burgeroorlog gaan dompel, aangesien hulle weier om hulle grond oor te dra aan “die armes”. Sy het bygevoeg dat hulle (ANCYL) nie gyselaar gehou sal word deur ‘n minderheid wat “die armste van die armes” onderdruk nie.

Die ANC het klaarblyklik besluit om die ANCYL en Lamola stilweg te steun in hierdie oorlog dreigemente.

Ook Afriforum het aangekondig dat hulle ‘n klag van haatspraak teen Lamola gaan le. Die Vryburger het Vrydag berig dat Afriforum besoek afgele het by Lamola en bekommerd en bang daar weg is. Dit blyk nou die doel van Afriforum se besoek was om Lamola te versoek om verskoning te vra vir sy uitlatings. Lamola kon nie oortuig word om verskoning te vra nie. Volgens Cornelius Jansen van Rensburg van Afriforum is Lamola nie “’n idioot soos Malema nie”, wat die indruk by sommiges laat dat Afriforum nie opgewasse was vir die ANCYL nie.

Die Boere-Afrikaner Volksraad het in ‘n verklaring die ANC-regering verantwoordelik gehou vir die oorlogsklimaat wat tans heers, aangesien die ANC geen belangstelling toon in die vreedsame oplossing wat die Boere-Afrikaner Volksraad aanbied nie. “As daar ‘n rasse-oorlog in Suid-Afrika uit breek, met die gevolglike ekonomiese ineenstorting, sal dit die ANC se skuld wees.” Lui die verklaring.

Onlangs het die Verkennersbeweging van Suid-Afrika by monde van sy President, mnr. Ben Geldenhuys aangedui dat die beweging regsadvies inwin oor die moontlikheid om Anthony Benadie te voeg tot die klag van volksmoord wat teen die ANC gele is in Den Haag, aangesien Benadie die volksmoord ontken. Dit kan ‘n verklaring wees van Benadie se buite karakter optrede om nou Lamola aan te kla.