Onderstepoort entstof verouderd

Entstowwe is dekades oud, word nie behoorlik nagevors en is nie doeltreffend om siektes te voorkom nie, het die AHS-groep gesê.

Die AHS-groep het in ‘n verklaring die departement van landbou, bosbou en visserye gekap ná die departement aangevoer het dat entstowwe wat deur Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) geproduseer word, doeltreffend is.

Dié groep fokus spesifiek op Afrika Perdesiekte (African Horse Sickness).

“Die direkteur (Selby Bokaba, hoofdirekteur van kommunikasie by die departement) is duidelik nie op die hoogte van die situasie wat Suid-Afrikaanse boere en perde-eienaars in die gesig staar nie,” lui die verklaring.