Olieprys verlaag

Die prys van ru-olie neig steeds laer en staan op 13 Mei op $96-90. Verlede Vrydag het dit op $99-76 gestaan, einde April op $119-56, einde Maart op $122-80 en middel Januarie op $111-13. Die huidige prys is die laagste vir die afgelope agt maande.

Die hoofrede vir die verlaging is die verslegtende wêreldekonomie vooruitsigte, wat die vraag na olie laat afneem. ‘n Bykomende rede is die positiewe verwagting dat die gesprek met Irak oor hulle kernwapen ontwikkeling besig is om te vorder tot ‘n moontlike positiewe uitslag. Die realisering van die verwagting moet egter nog getemper word, weens die vertragingstaktiek wat Iran altyd benut om die gesprek te misbruik om tyd te wen.

Daar kan ‘n verdere verlaging in die petrolprys vir aanstaande maand verwag word, mits die verlaagde ru-olieprys stand hou en die onvoorspelbare Suid-Afrikaanse rand nie verder verswak nie.