Nuwe tegnologie ingespan

Vingerafdrukke gaan gewoonlik gepaard met ‘n negatiewe reaksie van die publiek, nogtans is dit noodsaaklik vir sekuriteitsdoeleindes. Daar word dus voortdurend navorsing gedoen oor beter en gebruikersvriendeliker metodes.

IDair se nuwe vingerafdruk skandeerder is in staat om vingerafdrukke van so ver as ses meter afstand te kan vergelyk. ‘n Persoon waai sy hand na die sensor vir identifikasie en hoef dan nie te stop om sy ID dokument te wys nie. Die stelsel neem die vingerafdruk en vergelyk dit dan ter bevesiging van die persoon se identiteit. Die produk kos ongeveer $2 000.

IDair beplan om ook sensors vry te stel wat ‘n persoon se gesig kan herken, ook wat in staat sal wees om oogidentifikasie deur middel van iris skandering te doen.