Nuwe lisensie maatreëls

Nuwe bestuurders sal dalk voortaan eers ‘n “proefjaar” moet voltooi voordat ‘n rybewys aan hulle uitgereik word, het die Cape Times berig.

Indien hulle gedurende hierdie periode sekere oortredings begaan, soos om te bestuur onder die invloed van alkohol, of as hulle ses verkeersoortredings begaan, sal hulle van vooraf moet aansoek doen.

As jou voertuig 10 jaar en ouer is, sal jy ook een keer elke tweede jaar ‘n padwaardigheidstoets moet doen.

Lede van die publiek het tot 6 Julie 2012 kans om kommentaar te lewer op dié voorgestelde regulasies.

Woordvoerders in die voertuig nywerheid het daarop gewys dat die swak padtoestande ook ’n beduidende rol vervul wat die voorgestelde maatreëls noodsaaklik maak. Daar is egter ook die siening dat daar te veel voertuie op die paaie is wat eerder op ’n skrootwerf hoort terwyl duisende bestuurders van voertuie met vervalste lisensies rondry.

Die realiteit van Afrika word ook hierin waargeneem dat te veel mense weens korrupsie hul voertuie en die bestuurslisensie bekom wat dan die vraag laat ontstaan of die nuwe maatreëls enige waarde sal hê.