Nuusflitse

1 Die departement van basiese onderwys se versuim om handboeke te voorsien aan verskeie skole in Limpopo is onwettig en oortree die grondwet, is in die hooggeregshof van Pretoria beslis. Regter Jody Kollapen het tydens haar uitspraak oor ‘n aansoek wat deur ’n menseregte groep gebring is, beslis dat die kwessie dringend is.

2 Die tronk in Westville, KwaZulu-Natal, is oorbevolk en huisves meer as 9 000 oortreders terwyl die tronk se kapasiteit 6,000 is. Dit is ’n tipiese voorbeeld van hoe die land bestuur word – en die werklikheid van Afrika word hiermee gedemonstreer.

3 ‘n Bottel Franse wyn wat terugdateer na 1774 het vir 46 000 Switserse frank (sowat R405 000) op ‘n veiling in die hoofstad van Switserland verkoop. ‘n Anonieme koper het die “Vin Jaune” via die internet gekoop.

4 Die hoof van die staatsprokureur se kantoor in Pretoria is geskors ná aantygings van beweerde onreëlmatige betalings wat miljoene Rand beloop aan ‘n prokureursfirma.

5 Suid-Afrika het vir die eerste keer in sewe jaar weer ‘n Junior Wêreldbekertoernooi gewen toe die Bokkies hul Nieu-Seelandse eweknieë op Nuweland geklop het. Jan Serfontein is as speler van die toernooi aangewys.

6 Angie Mo¬tshekga, minister van basiese onderwys, pak die skuld vir handboeke wat nog nie by skole in Limpopo afgelewer is nie op Anis Karodia, afgedankte administrateur van die provin¬siale onderwysdepartement. Sy het gistermiddag die pakhuis in die stad besoek waar derduisende skoolhandboeke in bokse staan. Leerlinge in gr.1 tot 3 (grondslagfase) en gr.10 het steeds nie handboeke nie.

7 Minstens tien Zimbabwiese LP’s is besny as deel van ‘n veldtog om gevalle van MIV en vigs te verminder, het die BBC berig. Volgens die uitsaaier is ‘n tydelike kliniek in die parlement in die land se hoofstad, Harare, opgestel om die prosedures uit te voer.