Nokia afleggings skrikwekkend

Die selfoonreus Nokia beplan om nóg 10 000 mense regoor die wêreld uit diens te stel en het gewaarsku dat die verlies in sy tweede kwartaal groter as verwag sal wees.

Indien die 10 000 mense uit diens gestel word, het altesaam is meer as 40 000 Nokia-werknemers uit diens gestel sedert Stephen Elop in September 2010 as hoof- uitvoerende beampte oorgeneem het.

Nokia se voorraad het met meer as 70% gedaal sedert ‘n aankondiging in Februarie 2011 dat hy saam met Microsoft gaan werk en dat Windows die bedryfstelsel vir die maatskappy se slimfone sal wees.