NASIONALE UITSAAIER BANKROT?

Die SABC het Woensdag bevestig dat hy tussen April 2011 en Februarie 2012 meer as R16 miljoen spandeer het om motors te huur.

Die uitsaaier het in die parlement op vrae deur Dina Pule, minister van kommunikasie, gereageer.

Dít kom nadat Eyewitness News onthul het dat die SABC miljoene spandeer om luukse motors vir verslaggewers en uitvoerende hoofde te huur.

Intussen het “Die Vryburger” vasgestel dat die SABC ’n ernstige geld tekort ondervind.
As die SABC sy digitale migrasie-¬proses self moet finansier, sal dit tot ’n R836 miljoen-kontanttekort oor die volgende drie jaar lei.
Die proses, wat Suid-Afrika se TV-seine van analoog na digitaal moet omskakel, moet teen 2014 afgehandel wees, maar volgens die SAUK vorder dit nie.
Intussen het die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie ook gehoor die SABC kom nie die voorwaardes vir sy R1 miljard-regeringswaarborg na nie. Die regering het dié lening in Desember 2009 op streng voorwaardes aan die SAUK toegestaan.