Nadal word besteel

Die polisie in Parys het ‘n R3 156 000 horlosie, wat van Rafael Nadal uit ‘n hotelkamer by die Franse Ope gesteel is, teruggevind en ‘n hotel werker is in hegtenis geneem.

Die Franse media berig dat die horlosiemaker Richard Mille die luukse horlosie blykbaar aan Nadal geleen het vir die Franse Ope geleentheid.

Nadal, ’n Spanjaard, het Maandag vir ‘n rekord gesorg toe hy die Franse Ope vir die sewende keer gewen het.