Motorfiets jaers!

‘n Motorfietsryer wat op die R21 in hegtenis geneem is vir jaery het beweer hy was op pad om sy meisie te gaan troos nadat haar perd gevrek het, het die verkeerspolisie in die PWV gebied gesê.

“Die 21-jarige elektrisiën van Pretoria het met sy silwer Honda VFR teen ‘n gemiddelde spoed van 208 km/h gery in ‘n 120 km/h-sone toe ons hom vasgetrek het,” het Bushapi Nxumalu, woordvoerder van die polisie se hoëspoed-eenheid, gesê.

Dan is daar die ander geval:

‘n Sewe-en-dertig-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy die spoedbeperking oortree het op die N1 naby Nasrec, suid van Johannesburg, het die metropolisie gesê.

Supt. Wayne Minnaar, woordvoerder, het gesê die man van Alberton is gevang toe hy teen 245 km/h gejaag het op sy groen Kawasaki-motorfiets.