MOTOR RUBRIEK – 28 JUNIE 2012 (4)

In die vorige uitgawe van Die Vryburger, was daar gekyk na die Inlaat-aksie van ‘n petrol aangedrewe binnebrand enjin.

In hierdie uitgawe word daar gekyk na die Kompressie slag van ‘n petrol binnebrand enjin. Tydens die Inlaat-aksie, het die suier afwaarts beweeg en ‘n mengsel van brandstof en suurstof deur ‘n oop inlaatklep ingesuig. Wanneer die suier, wat aan die krukas gekoppel is, sy laagste punt bereik en begin op beweeg, draai die nokas en in die proses maak die inlaatklep toe. Die brandstof en suurstof mengsel word dan saamgepers en wanneer die suier enkele grade van sy boonste punt af is, word ‘n vonk vanaf die verdeler deur die vonkpropdraad na die vonkprop gestuur. Die vonk spring dan “letterlik” om die gaping van die vonkprop punt te oorbrug en dieselfde tyd wat die vonk oorspring, ontbrand dit die brandstof/suurstof mengsel. Hierdie aksie word genoem die “Kompressie-slag”.

Krukas – Crankshaft
Boonste punt – T.D.C. (Top Dead Centre)
Vonkprop – Spark plug
Vonkprop gaping – Spark plug gap
Vonk – Spark
Verdeler – Distributor (ouer modelle)
Ontbrand – Ignite
Kompressieslag – Compression stroke

In die volgende uitgawe meer oor wat dan gebeur!

CITROEN DS 4 HDi 160 SPORT

Vanaf die 1950’s tot die 1970’s, was die Citroen DS beskou as ‘n voertuig wat in terme van tegnologie en ontwerp, die opposisie voor was.

In vandag se terme is dit nog steeds die geval. Wanneer daar gekyk word na die tegniese data van die nuutste diesel model, is dit ontwerp om te verras en sien soos volg daaruit: 120kW/340N.m, 2,0 – liter turbodiesel.