MOTOR RUBRIEK – 20 JUNIE 2012 (3)

Die binnebrand enjin is een van die interessantste uitvindings en ontwikkelings in die 19de en 20ste eeu. Baie van ons motoriste is nie bewus van dit wat in ’n motor se “ingewande” plaasvind nie. In hierdie uitgawe van Die Vryburger, gaan daar toegespits word op die inlaat aksie wat plaasvind binne-in ’n binnebrand enjin. Wanneer die enjin begin draai, draai die nokas ook. Dit word moontlik gemaak deur ratte, nokasband of tydketting wat dien as dryfmiddel vir die nokas. Die nokas op sy beurt druk die inlaatklep(pe) oop en die afwaartse aksie van die suier suig ’n mengsel van brandstof en suurstof deur die inlaatspuitstuk in die ontbrandingskamer in.

Inlaat aksie – Intake
Nokas – Cam Shaft
Nokasband – Cam belt
Ratte – Gears
Tydketting – Timing chain
Inlaatklep – Intake valve

In die volgende uitgawe meer oor wat dan gebeur!

Nuus uit die motor wêreld:
Volgens ingeligte bronne gaan Peugeot die huidige beskikbare modelle in Suid-Afrika uitbrei. Gedurende Oktober 2012 gaan die Peugeot 208 bekend gestel word. Sy prys gaan dieselfde wees as die van die Peugeot 207. Die Franse motor vervaardiger het maatreëls bekend gemaak wat dui op sy produk verbetering en vertroue wat hulle in die produk het. Naamlik ’n vyf-jaar/100,000 km diensplan.

Feite:
Geraamde Enjin Krag/Wringkrag 0-100km/u Top Brandstof
Prys Spoed Verbruik
1,6 e-HDi R225 000 1,6-liter, 4-sil TD 84kW/270-285 N.m 9,7 sek 190km/u 3,8L/100km
1,6 VTI R200 000 1,6-liter, 4-sil Petrol 88kW/160 N.m 8,9 sek 190km/u 5,8L/100km
1,2 VTI R165 000 1,2-liter, 3-sil Petrol 60kW/118 N.m 12,2 sek 175km/u 4,5L/100km