Motor rubriek – 13 Junie 2012

In die vorige uitgawe van Die Vryburger is van die komponente van ’n binnebrand enjin bespreek. In hierdie uitgawe gaan ons kyk hoe term “Vier Slag” ontstaan het.

Wanneer ’n motor aangeskakel word en die aansitter word geaktiveer en die enjin begin draai, vind daar ’n paar aksies plaas. Een hiervan is die suiers wat op en af begin beweeg en dan vind die volgende plaas en dit is waar die enjin sy naam van gekry het.
• Inlaat slag
• Krag slag
• Kompressie slag
• Uitlaat slag
Bogenoemde staan bekend as “vier slag” en dit is waar die benaming Vier Slag enjin, vandaan kom. In ’n volgende uitgawe, sal van die aksies bespreek word.

NUUS UIT DIE MOTOR WERELD

Na verneem word, gaan die volgende BMW M3 reeks gebruik maak van 3,0 liter, dubbel turbo, V6-enjin en die huidige V8-enjin gaan nie meer gebruik word nie.

UIT VROEËR DAE

Hiermee ’n foto van ’n brandstofpomp uit die 1950’s. Die dae toe brandstof nog 1 sjieling en drie pennies (12½ c) per gelling (4,5 L), gekos het!