Miljoene Rand eis teen Transnet

’n Groep van 850 pensioentrekkers van Transnet het ’n oorwinning in die hooggeregshof in Johannesburgse behaal wat die Transnet-pensioenfonds (TPF) miljoene rande uit die sak kan jaag.

Al 850 het Transnet se diens tydens herstrukturering met vervroegde pensioen of weens afdankings verlaat.

In die hofstukke word net 357 pensioentrekkers genoem, maar Hendrik Birkholtz van Kaapstad, die groep se leier, het gister gesê nog honderde het hulle ná die aanhoor van betoog in die geding verlede jaar by die groep aangesluit.

“Hulle sal almal by die uitspraak baat vind.”

Luidens die hofstukke was die fonds se geld penarie onder meer weens die feit dat nagenoeg R17 miljard wat Transnet of die staat in daardie stadium aan die fonds verskuldig was.

“Ons wil nie net ons 11%-onderbetaling hê nie, maar ook rente teen 15,5% per jaar terugwerkend tot die jare 1996 tot 1999 soos van wanneer elke werker Transnet se diens verlaat het.”