Lewe op Mars?

Die ruimtetuig Mars Express het blykbaar sterk bewyse gevind dat ’n oeroue oseaan vroeër ’n groot deel van dié planeet beslaan het.

Die MARSIS-radar, wat aan die Europese Ruimte-agentskap (Esa) behoort, versamel reeds geruime tyd besonderhede in oor die planeet. Die radar dring glo tot diep onder die oppervlak in en maak waarnemings van die eerste 60 tot 80m onder die oppervlak.

Verskeie ander ruimtetuie het ook al foto’s geneem van areas wat soos kuslyne lyk.

Dit is selfs moontlik dat daar twee oseane kon gewees het, het dr. Jérémy Mouginot wat die bepaalde ondersoek lei, onlangs gesê.