Kragvoorsiening krisis

Eskom se woordvoerder in Mpumalanga, ene Kungwane, het op Middelburg bekend gemaak dat hoofde van groot mynmaatskappye binne die Nkangala-distriksmunisipaliteit vergader het met die burgemeester op die dorp weens hul betrokkenheid by maatskaplike opheffingsprojekte.

Volgens hom is Eskom bekommerd omdat die reserwe-kragvoorraad heelwat laer as die nasionale standaard van sowat 14% is, het die radiostasie berig. Indien een van die eenhede onklaar sou raak, sal dit geweldige druk op die stelsel plaas.

Die kragvoorsiener het vroeër gesê hy het op 11 Junie bykans sy volle kapasiteit bereik. Die kragverbruik tydens spitstyd was meer as 36 556 megawatt, terwyl Eskom se kapasiteit 37 774 megawatt is.

Eskom het verlede maand vrese besweer dat daar vanjaar weer beurt-krag sal wees.