Kort nuus – 13 Junie 2012

– Die bestuur van Emperors Palace in Johannesburg het die sogenaamde komediant Casper de Vries gevra om op te hou of dan minder op hul verhoog te vloek.
– Die vrou van ‘n predikant van ‘n NG-gemeente in Verwoerdburg het in die hof verskyn ná sy na bewering R6,9 miljoen van haar werkgewer gesteel het.
– Verskeie bekendes het die Suid-Afrikaanse opera legende Mimi Coertse Vrydagaand by ’n konsert vereer aangesien sy vanjaar haar tagtigste verjaardag vier.
– Tydens ’n skemerkelkie geleentheid het lede van die Maatskappy van Radio Pretoria ontvangs geneem van ’n R1,000,000-00 tjek van die rasgemengde Afriforum. Volgens konserwatiewe Boere-Afrikaners was dit die verkoopprys om die Radio finaal af te staan aan diegene wat nie ’n suiwer ideaal het om volksvryheid te herwin nie.
– Sunette Viljoen het haar Suid-Afrikaanse spiesgooi-rekord Vrydagaand by die Diamantliga-byeenkoms in New York verpletter. Die Suid-Afrikaner het die wêreldrekordhouer Barbora Spotakova met ‘n gooi van 69.35 m geklop.
– Die onwettige handel in sigarette neem al ernstiger afmetings aan, met ‘n toevloei veral vanuit Zimbabwe. Meer as 16 miljoen smokkelsigarette is verlede maand deur owerhede gekonfiskeer, en die Tabak Instituut van Suid-Afrika (Tisa) sê onwettige handelaars kos die land tot soveel as R4 miljard in aksynsbelasting en BTW wat nie betaal word nie.
– ‘n Nuwe studie oor die publiek se houding teen die omstrede e-tolstelsel in die PWV, toon dat slegs 14% van die provinsie se bestuurders hul e-tolskyfie gekoop het, of selfs van plan is om een te koop.