Kopwind ’n probleem

Die Vryburger het onlangs rapporteer oor die verstommende resultate van die sonkrag aangedrewe vliegtuig. Nou is een tekortkoming bekend.

‘n Sterk kopwind het veroorsaak dat die sonlig-aangedrewe Solar Impulse sy moeilikste vlug tot dusver oor Marokko Woensdag moes staak.

Die vliegtuig en vlieënier, Andre Borschberg, “is nie in gevaar nie, maar (die kopwind) is steurend vir die vordering van die Solar Impulse na sy finale bestemming.

“Die vlugdirekteur het die besluit gemaak om terug te keer na die lughawe in Rabat waar hy opgestyg het,” het die Solar Impulse-webwerf gesê.