KFC se Nuwe Nasionale Lied?

‘n Man het by KFC gaan koop en was glo geskok toe ‘n “vulgêre, onheilige” weergawe van die Nasionale lied oor die klankstelsel gespeel is.

Iemand het aan die Cape Times gesê hy het in die tou by die KFC in Buitenkantstraat, Gardens, gaan kos koop. Toe hoor hy die lied wat soos “Nkosi Sikelil’ iAfrica”, klink.

“Ek was verras toe die lied in Afrikaans begin met: Nkosi Sikelel’… Nkosi is ‘n d**s, Mandela is ‘n f****n k****r… en so aan,” het hy gesê.

“Ek en twee ander klante was stomgeslaan deur die vulgariteit, onheiligheid en rassisme wat in ‘n gewilde gesinsrestaurant gespeel word.”

KFC se provinsiale bestuurder, Craig Davids, het gesê dat hy die kwessie na KFC se houermaatskappy verwys.