Jeugliga se adjunk

Suid-Afrika benodig ‘n minister van nasionalisering, het Ronald Lamola, adjunkpresident van die ANC-Jeugliga in Durban gesê.

Die minister sal ‘n mandaat hê wat in lyn sal wees met die Vryheidsmanifes, het hy in ‘n lesing oor ekonomiese vryheid by die Durban Universiteit van Tegnologie gesê.

Lamola het ‘n beroep gedoen op die onteiening van grond sonder vergoeding. Hy het gesê werkloosheid onder die jeug kan nie opgelos word tensy grond onteien word nie.

“Ons kort optrede so sterk soos oorlog om dit terug te bring na die Afrikane.”

Hy het gesê dit is ‘n “illusie as Suid-Afrikaners glo hulle kan hul grond vreedsaam terugkry”.

Hierdie uitsprake is so goed as om geweld te propageer. Dit kan selfs as oorlogsverklaring beleef word deur blankes wat direk in die spervuur geplaas word. Die opvallende hiervan is die feit dat die ANC en sy kabinet nie ’n woord rep hieroor nie.