Japan se skeepsdok na VSA

‘n Massiewe skeepsdok wat verlede jaar deur ‘n tsoenami van ‘n Japanse hawe afgeskeur is, het 8 050 km verder aan die Amerikaanse weskus uitgespoel.

Berig is ontvang dat die 165 ton struktuur wat uit beton, metaal en buitebande bestaan, op ‘n strand in die suidweste van Portland, Oregon, uitgespoel het.
Wetenskaplikes wys daarop dat die moontlikheid bestaan dat duisende ton rommel aan die weskus van die VSA en Kanada kan uitspoel wat afkomstig is van Japan. Die rommel bestaan ondermeer uit motors, bote. meubels en enige denkbare artikel wat deur die tsoenami weggeruk is uit Japan.