Hongersnood met Grondgryp

‘n Geskarrel om goedkoop boerderygrond in Afrika in die hande te kry, kan miljoene mense sonder water laat en die vasteland se riviere laat opdroog, het Landbou.com verlede Donderdag berig.

Volgens ‘n verslag deur Grain, ’n organisasie wat fokus op hulp aan kleinboere, kan sogenaamde grondgrypery in Afrika lei tot “hidrologiese selfmoord” op die vasteland.

Henk Hobbelink, koördineerder, sê dat indien grondgrypery onverpoos voortgaan, sal die vasteland se mense uiteindelik sonder water wees.

Volgens die verslag pik welgestelde individue en regerings van ander wêrelddele tans grond in Afrika op vir grootskaalse voedselproduksie en biobrandstofprojekte.

Te veel betree nou die verbouing van gewasse met die doel om bio-brandstof te maak. Dit lei tot minder voedsel produksie met meer water wat vir dié produksie gebruik word. Duisende Afrikane wil nou die landbou bedryf betree in die hoop dat hulle ’n inkomste kan genereer uit bio-brandstof wat nou in aanvraag is vanweë die styging in oliepryse.