Hof uitspraak ruk Vakbonde

Vakbonde sal geldelik verantwoordelik gehou kan word vir die skade wat by hul byeenkomste of in protesoptogte aangerig word.

Die konstitusionele hof het gister ’n “kragtige uitspraak wat ’n oorwinning vir die reg en orde is” gelewer oor geweld en skade wat by onder meer optogte aangerig word.

Len Dekker, arbeidsregspesialis van Pretoria, sê “vakbonde sal nie meer net skouers kan optrek oor geweld en misdaad by hul byeenkomste nie”.

Die geding waaroor die konstitusionele hof uitspraak gelewer het, handel oor ’n optog op 16 Mei 2006 tydens ’n gewelddadige staking in Kaapstad onder die vaandel van die vakbond South African Transport and Allied Workers’ Union (Satawu). Minstens 50 mense is tydens dié uitgerekte staking van sekuriteitswerkers dood.

Intussen het woordvoerders aan “Die Vryburger” gesê dat die reg om te staak soos wat die ANC dit nog altyd gepropageer het, besig is om in hulle gesig te ontplof want die werklikhede van Afrika kan nie geïgnoreer word nie.