Facebook se lewe

Die sosiale netwerk Facebook gaan teen 2020 “verdwyn,” meen Eric Jackson, stigter van die beleggingsfirma Ironfire Capital.

“Binne vyf tot agt jaar gaan Facebook verdwyn soos wat Yahoo verdwyn het,” het Jackson in ‘n telefoononderhoud met CNBC se program Squawk on the Street gesê.

“Yahoo maak steeds geld, dis steeds winsgewend, het nog 13 000 werknemers wat vir hom werk, maar dis 10% van die waarde wat hy in 2000 gehad het… Vir alle praktiese doeleindes, het dit verdwyn.”