Egipte se Morsi regeer

Ná die onsekerheid het Egipte se verkiesingskomitee gister uiteindelik die aankondiging gemaak waarop talle gewag het: Die Moslem-Broederskap se Mohamed Morsi is Egipte se eerste demokraties verkose president.

Dié gematigde Islam gelowige het die voormalige premier, Ahmed Shafiek, in ’n opvolg verkiesing geklop.

Duisende ondersteuners het op Kaïro se Tahrirplein gejubel by die aanhoor van dié nuus, vuurwerke is geskiet en “Allahoe Akbar!” (“God is groot”) gedreunsing.

Enkele dae voor die bekendmaking van die uitslae het die regerende militêre raad die magte van die nuwe president aansienlik verminder. Morsi sal dus nie die byna farao-agtige magte van oudpres. Hosni Moebarak geniet nie.

Die Broederskap het egter aangedui dat hulle hul protes teen dié besluit sal voortsit.