Dwelms gevind

Beslag is Donderdag gelê op dwelms met ‘n straatwaarde van meer as R900 000 in Kaapstad, het die Wes-Kaapse polisie gesê.

Vier mans, tussen die ouderdomme van 32 en 37, is by ‘n drankwinkel in Maitland in hegtenis geneem, saam met twee vroue, onderskeidelik 20 en 25 jaar oud, het November Filander gesê.

Die vier mans is van Nigerië, terwyl een van die vroue ‘n Zimbabwiër is.