“DIE VRYBURGER” – E-LEESSTOF OP DIE VOORPUNT !!

Uit die VSA word verneem dat Tablet-rekenaars en elektroniese lesers binnekort ‘n einde aan die ink- en papier-era bring, veral omdat dit die manier verander waarop mense tydskrifte lees, op hoogte van die nuus bly en boeke lees.

“Dit is slegs ‘n kwessie van tyd voordat ons gaan ophou om bome dood te maak en alle publikasies digitaal beskikbaar gaan wees,” het Tim Bajarin, die president en hoof-analis van Creative Strategies gesê.

Amazon was eerste om e-lesers in die hoofstroom bekend te stel met Kindles en Apple het die onblusbare vraag na tablet-rekenaars aangevuur, wat dit moontlik maak om inhoud soos films, tydskrifte en boeke aanlyn te kry.
“Die Vryburger” is op die voorpunt met sy moderne aanslag wat reeds ’n rekord oplaag binne weke bereik het. Verskeie kenners in die joernalistieke omgewing het bevestig dat “Die Vryburger” alle verwagtinge oortref met gehalte, inhoud en sy steeds groeiende oplaag.