Afriforum – “ruil Rande vir Dollars”

Die burgerregte groep Afriforum het Vrydagmiddag ‘n vergadering gehad met die ANC jeugliga. Nog geen amptelike verklaring is van enige van die partye ontvang waaroor die vergadering gegaan het of wat die uitslag daarvan is nie.

Charl Oberholzer van Afriforum het egter kort na die vergadering op die sosiale netwerk Twitter geskryf:

“Nounet klaar met #ANCYLverg, hulle is hoogs aggresief en het veel groter planne as wat ons mense sal besef.”

Op Facebook skryf Cornelius Jansen van Rensburg van Afriforum soos volg;

“kom nou net uit i vergadering met die ANCYL. Lamola is nie dom idioot soos Malema nie. Hierdie slim prokureur van Brooklynn bedoel als en is deeglik bewus vd impak. Ek is bevrees dat jy Rande moet omruil vir Dollars.”

Die sosiale media het Vrydag gegons oor die moontlikheid van ‘n rasoorlog.

In tussen het Die Vryburger verneem dat die Boere-Afrikanervolksraad ‘n nood vergadering belê het vir Saterdag.