Die DA se rassisme

“Mense wat in glashuise woon, moet seker nie klippe gooi nie”, was Mnr Ben Geldenhuys, President van die Verkennersbeweging se kommentaar oor die nuus dat die DA aangekla gaan word van rassisme by die menseregte kommissie.

‘n Week gelede het die DA se Anthony Benadie in ‘n mediaverklaring bekend gemaak dat hy sewe volksorganisasies by die MRK van rassisme gaan verkla na aanleiding van plakkate wat tydens ‘n optog teen volksmoord in Delmas gebruik is.

Benadie het ‘n week na die optog sy eie optog “teen rassisme” gehou in Delmas, maar skaars 50 mense het die geleentheid bygewoon.

‘n DA raadslid, Susan Moodie is nou in die warm water na sy in ’n telefoon gesprek na swartmense verwys het as “k….s” . Dit blyk ook dat die persone na wie sy verwys het DA ondersteuners is aangesien sy in die gesprek gesê het sy sal ” ‘n bus vol k….rs” na ‘n vergadering neem.

“Dit wil voorkom asof die DA is ‘n spul rassistiese elitetiste is wat swartmense misbruik as stemvee wat hulle selfs met swaar voertuie sal aanry vir propaganda doeleindes asof die DA kwansuis ‘n nie-rassige party is.” het Geldenhuys van die Verkennersbeweging gesê

“Dan wil die DA ons aankla van rassisme omdat ons die moordenaars van ‘n vyf maande oue baba, swart barbare noem, maar die DA noem hul kieserskorps die k-woord. Weet die DA wat is rassisme?” het hy bygevoeg.

Die Vryburger het ook verneem dat die Republiekeinse Vroue Beweging, (RVB), ‘n debat gereel het tussen die VVK en die DA se Anthony Benadie en alhowel Benadie ingestem het tot die debat, het hy later klein koppie getrek en onttrek.