De Villiers is Bok kaptein

Die Springbok-breier, Heyneke Meyer, het by Woensdag se spanaankondiging vir die derde toets in Port Elizabeth teen Engeland, onthul dat Jean de Villiers die span vir die res van die 2012-seisoen sal lei.

De Villiers is aanvanklik slegs as kaptein vir die Junie-toetsreeks aangestel, maar Meyer het besluit om die leisels vir die oorblywende nege toetse ook aan Suid-Afrika se mees ervare senter te oorhandig.

De Villiers is in omstredenheid gedompel nadat hy as een van die Springbokke die Soweto gedenksteen besoek het . Die vermoede bestaan dat hy geen keuse gehad het nie en verplig was om die besoek te bring.

Woordvoerders is van mening dat dié optrede juis daartoe bygedra het dat hy as kaptein aangewys is.