“DA steun volksmoord”

In ’n sterk bewoorde persverklaring het die President van die Verkennersbewging, mnr. Ben Geldenhuys ondermeer gemeld dat die katoliek Anthony Benadie van die DA, ‘n klag by die MRK gaan lê. Dit volg op ‘n mediaverklaring wat die DA in die Oos-Transvaal op Sondag uit gereik het en waarin die provinsiale leier, Anthony Benadie te kenne gegee het dat die DA die klagte gaan le.

Uit die verklaring van Benadie blyk dit dat die basis van sy ongelukkigheid gesetel is daarin dat die moordenaars van ‘n vyf maande oue baba, barbare en lafaards genoem word. Geldenhuys vra hierop: “Moet mens hieruit aanneem dat Benadie hierdie moordenaars as beskaafd en helde beskou?”

Geldenhuys voeg by “Benadie het geen verklaring uitgereik toe Malema gesing het “shoot the Boer” nie, ook het hy geen klag in die verband by die MRK gelê nie. Die moontlikheid is nie uitgesluit dat Benadie besig is met ‘n heksejag teen die Afrikaner in ‘n poging om swart steun vir die DA te werf. Indien dit so is, is dit goedkoop politiek en is Afrikaners besig om met hul lewens te boet om Benadie se politieke aspirasies te verwesenlik.”

Die Verkennersbeweging sal ook volgens Geldenhuys aanhou protesteer teen die Volksmoord ondanks klagtes en besware, “totdat ons selfbeskikkingseis verwesenlik is”

Media Verklaring

DA steun Volksmoord

 Op Sondag die 3de Junie 2012, verklaar die katoliek Anthony Benadie van die DA, dat hy ‘n klag by die MRK gaan lê  teen verskeie Afrikaner organisasies. Dit verbaas nie, want as afstammelinge van die Hugenote is ons gewoond aan vervolging deur katolieke.

Uit sy verklaring blyk dit dat die basis van Benadie se ongelukkigheid gesetel is daarin dat die moordenaars van ‘n vyf maande oue baba, barbare en lafaards genoem word. Moet mens hieruit aanneem dat Benadie hierdie moordenaars as beskaafd en helde beskou?

Benadie het geen verklaring uitgereik toe Malema gesing het “shoot the Boer” nie, ook het hy geen klag in die verband by die MRK gelê nie.

In tussen is twee Afrikaners binne die bestek van drie dae in Middelburg, Benadie se tuisdorp vermoor op barbaarse wyse. Mev Igna Nortjé, is ontvoer en later met ‘n mes dood gesteek. Mev Julie Cruse (72) se hande is agter haar lyf vasgebind en sy het ’n kous in haar mond gehad, sy is deur barbare met ’n strykyster op die maag gemartel en met kookwater gebrand voordat sy vermoedelik doodgewurg is. Tot op hede het Benadie geen verklaring in die verband uitgereik nie, maar eerder sy tyd bestee om Afrikaner organisasies aan te val. Dit is duidelik wat vir Benadie prioriteit is en die indruk word geskep dat Benadie die moorde in Middelburg in die besondere en volksmoord op die Afrikaner in die algemeen goedkeur. Daardie persone en organisasies wat durf waag om hierdie volksmoord rugbaar te maak, word dan ook deur Benadie geteiken, moontlik in ‘n poging om hul stil te maak.

Die moontlikheid is nie uitgesluit dat Benadie besig is met ‘n heksejag teen die Afrikaner in ‘n poging om swart steun vir die DA te werf. Indien dit so is, is dit goedkoop politiek en is Afrikaners besig om met hul lewens te boet om Benadie se politieke aspirasies te verwesenlik.

Met die MRK klagte ontken die DA se Benadie die volksmoord wat tans teen die Afrikaner gepleeg word. Volgens die internasionale liggaam genocide watch, maak ontkenning van volksmoord jou medepligtige daaraan. Die internasionale strafhof in den Haag het ook reeds in die hofsake wat gevolg het op die Rwanda volksmoord, ‘n redakteur van ‘n koerant skuldig bevind as medepligtige omdat hy daardie volksmoord ontken het. ‘n Klag van volksmoord is reeds ingedien teen die Suid-Afrikaanse regering en die ANC. Regsadvies sal ingewin word of Benadie en die DA gevoeg moet word as aangeklaagdes tot hierdie klag.

In tussen sal die Verkennersbeweging aanhou om protes aan te teken teen die Volksmoord wat teen ons volk gepleeg word, totdat ons selfbeskikkingseis verwesenlik is.

Ben Geldenhuys

President

Verkennersbeweging van Suid-Afrika