Comrades ondersoek is rassisme

Die Comrades-wenner Ludwick Mamabolo, wat ondersoek word as gevolg van beweerde gebruik van opkikkers word as ‘n slagoffer van rassisme beskou deur sy familie.

“Hy het tweede gekom in sy die wedloop in 2010. Dit het tot geen ondersoek gelei nie. Nou dat hy sy werk opgeoffer het en baie geoefen het om die wedloop te wen, is daar probleme. Is dit nie dalk oor die feit dat hy swart is nie?” het Mamabolo se pa aan die koerant gesê.

Intussen het “Die Vryburger” verneem dat die moontlikheid nie uitgesluit is dat argumente aangevoer gaan word dat die opkikkers na die wedloop ingeneem is en derhalwe onskuldig gevind sal word.