CHAOS OP BEYERS NAUDÉ RYLAAN

Die polisie moes ingryp ná betogers op Beyers Naudé-rylaan naby die Zandspruit- informele nedersetting motors met klippe bestook het. Die pad is intussen weer oopgestel.

Minnaar sê die inwoners het betoog omdat hulle die gasheer van die ANC se eeufees-vlam wou wees.

Luidens mediaberigte het die betoging met dienslewering in die gebied te make.