Blackberry opgradeer

Die eerste BlackBerry met Research in Motion (RIM) se nuwe sagteware, sal nie toegerus wees met ‘n fisiese sleutelbord nie. Die aankondiging is gemaak dat dié toestel toegerus sal wees met ‘n raakskerm soos wat reeds by ander make bekend is.

Freiburger, ’n woordvoerder van RIM, het gesê die nuwe BlackBerry sal in die toekoms aangebied word op toestelle sonder fisiese sleutelborde. Sy het egter nie ‘n presiese datum bekendgemaak nie.