Antonis Samaras

Antonis Samaras, die leier van die konserwatiewe Nuwe Demokrasie, is as Griekeland se nuwe premier beëdig.

Hy het ingestem tot ‘n koalisie met die sosialistiese Pasok en die kleiner Demokratiese Linkses.

Mnr. Samaras het die eed ter inhuldiging tydens ‘n seremonie by die presidensiële paleis in Athene afgelê.

Hy het onderneem dat sy regering alles in hul vermoë sal doen om die ekonomiese krisis op te los.

Mnr. Samaras het vir baie jare hom daarvoor beywer om premier van die land te word.