Afrikaner presteer

‘n Afrikaner matriek leerling het die eerste prys by ‘n internasionale wetenskap ekspo in Amerika verwerf.

Chené Mostert (17) van Hoërskool Ladysmith in Natal het ’n sterilisering-toestel vir tandeborsels ontwerp en daarmee R17,000 aan prysgeld verdien. Sy het ook ’n uitnodiging om terug te keer na die VSA om haar patent te registreer.

Sy het 150 tandeborsels bymekaargemaak en laat toets. Meer as 100 tipes bakterieë is daarop gevind.

Dié houer wat sy ontwerp het bevat waterstof¬peroksied en vier plastiekbuisies waarin die tandeborsels gesit word.

Sy wil graag in 2013 medies studeer.