AANVALLE OP VOLKSGENOTE

Die Noord-Kaap polisie het vier verdagtes in hegtenis geneem in verband met ‘n plaasaanval naby Kuruman waarin ‘n bejaarde man ernstig beseer is.

’n Woordvoerder het gesê mnr. Joseph van Heerden is in ‘n bestendige toestand in die Kuruman-hospitaal. Vier verdagtes het klaarblyklik in sy bakkie gevlug, maar die voertuig is later by Vryburg gevind.

Die aanval is die jongste in ‘n reeks misdade op plase en vorm deel van die volksmoord.

In Lichtenburg distrik in Wes-Transvaal is vroeër die maand ’n 57 jarige boer op sy plaas aangeval en beroof. ‘n Bejaarde egpaar is kort daarna op hulle plaas naby Ladysmith in KwaZulu-Natal aangeval.

Kort daarna is mnr. Badenhorst in die Cullinan omgewing ernstig gewond tydens ’n aanval.

Dan is daar die 77 jarige boer. Mnr. Johan van Rensburg, wat verlede week doodgeskiet is en sy vrou ernstig gewond in ‘n aanval op hulle plaas naby Baltimore in Limpopo.