Oorstromings in Kanada

Die afgelope week het Kanada gebuk gegaan onder besondere swaar reën neerslae. Riviere het hul walle oorstroom en paaie was plek-plek onbegaanbaar.

“Die Vryburger” se spesiale korrespondent in Kanada berig dat tientalle voertuie en ander kosbare besittings van mense weggespoel het.

Swaar werktuie het in die slag gebly en groot bome is ontwortel.