Category Archives: Buitelandse nuus

Britte maak toegewing aan EU burgers

Die regering van eerste minister Theresa May het laat blyk dat hulle ’n toegewing sal maak aan Europese burgers nadat die Verenigde Koninkryk finaal uit die Europese Unie getree het….

Hommeltuig plant honderde bome

Die Britse maatskappy, BioCarbon Engineering het aangekondig dat hy ’n hommeltuig kan “programmeer” om bome te plant teen ’n tempo wat minstens ses keer vinniger is as wat mense dit…

Student ontwikkel ligte wasmasjien

Een van die grootste klagtes wat handelaars en verbruikers het oor wasmasjiene, is die toestel se groot gewig wat veroorsaak word deur die betonblok om te verseker dat dit nie…

Swart swaan ontmoet lewensmaat

’n Swart swaan wat ’n bekende gesig is vir etlike jare in die nabyheid van die Bavaria Rosenau Paleis het onverwags ’n lewensmaat gevind Die swart swaan se vorige lewensmaat…

Nuwe aandrywing vir voertuie word ontwikkel

Nyweraars in Duitsland is nie daarvan oortuig dat elektries aangedrewe voertuie die enigste antwoord is vir die toekoms van die industrie nie. Groot nyweraars het onlangs begin met ’n veldtog…

VSA ondersoek Sjinese handelspolitiek

Amerika se mees senior handelsonderhandelaar het Sjina se industriële beleid as ’n “baie ernstige probleem” beskryf en president Donald Trump het die Sjinese daarvan beskuldig dat hulle die VSA met…

Merkel sus kiesers voor verkiesing

Bondskanselier Angela Merkel van Duitsland staan weer as kandidaat vir die koalisieregering van haar Christen Demokrate saam met  die Christen Sosiale Unie, en die verwagting is dat sy weer die…

IS terroriste keer terug na Europa

Tussen 1 200 en 3 000 terroriste wat na Irak en Sirië gevlug het, is nou terug in Europa met die klaarblyklike opdrag om hulle terreurdade voort te sit. Die…

Japan en VSA span saam teen N-Korea

Die Verenigde State van Amerika en Japan het besluit om hande te vat in hulle verdediging teen die kommunistiese regime van Noord-Korea. Die ooreenkoms is bereik nadat gevaarlike dreigemente van…

Spanje slaan terroriste met mening

Woedende Spaanse polisiebeamptes het blitsvinnig opgetree nadat onskuldige mense in Barcelona omgekom het in ’n terroriste aanval. ’n Tweede aanval is egter van stapel gestuur deur terroriste, maar die polisie…

Bloedbad in Barcelona skok Spanje

Op die welbekende Ramblas in Barcelona het ’n minibus ingeploeg tussen die mense en daarmee die middestad in chaos gedompel. Die daad word as ’n terroriste aanslag beskou, en die…

Terroriste dood twee in Finland

In die Finse stad Turku het ook ’n terroriste aanval tot die dood van twee onskuldige mense gelei, en is minstens ses mense met messteek wonde beseer. Polisie het blitsvinnig…

Top adviseur verlaat Wit Huis

President Donald Trump het besluit om nog een van sy senior adviseurs te ontslaan, wat die totale aantal adviseurs op agt te staan bring wat nie meer tot sy diens…

Venezuela se hoofaanklaer vlug land uit

Luisa Ortega, die voormalige hoofaanklaer in Venezuela, moes die land uit vlug om die aggressie en vervolgingswaan van die president te vermy. Ortega, wat daarvoor bekend is in haar land…

Venezuela kongres verwerp magsoorname

Die demokratiese kongres in Venezuela het die poging van die regerende party van president Maduro verwerp en gesê dit is ’n poging om die demokrasie te vernietig. Die kongres het beklemtoon…

Wêreld Nuusflitse – 21 Augustus

Switserland Die owerheid in Switserland het ’n verbod geplaas op die registrasie van nuwe Porsche Cayenne motors wat toegerus is met ’n dieselenjin weens die diesel skandaal van Volkswagen, waarby die…

Tientalle vulkane ontdek in Antarktika

Die gebied bekend as Wes-Antarktika sal voortaan erken word dat dit hoort by die grootste vulkaniese gebied op aarde. ’n Span Skotse wetenskaplikes het ’n lys saamgestel met 91 nuwe…

Melbourne stap weg met die prys

Die Australiese stad Melbourne het vir die sewende jaar agtereenvolgend die toekenning ontvang as die mees leefbare stad op aarde. Die toekenning het die stad te beurt geval nadat die…

Toe skrik die kommunis hom lam

Dit was die gerespekteerde minister van verdediging, James Mattis, van die Verenigde State wat die ganse kommunistiese wêreld met ’n enkele opmerking tot stilte geruk het. Minister Mattis het gereageer…

Immigrante nie Duitsland se voordeel

Alexander Gauland, een van die mees senior kandidate van die nasionalistiese party, Alternatief vir Duitsland (AFD) het in ’n media onderhoud ’n duidelike roete aangedui wat sy party sal gebruik…

Noord-Korea tegnologies gestrem?

Die grootdoenerigheid van die kommuniste in Noord-Korea het toe uiteindelik geboemerang, en die leier van die skiereiland het skielik stil geword. Sy dreigement om die eiland Guam aan te val,…

VSA is Sjina se grootste kliënt

Terwyl president Donald Trump van Amerika oorweeg om ondersoek in te stel na “onbillike handelspraktyke” wat deur Sjina beoefen word, toon die land ’n reuse handelsoorskot met Amerika. Die Amerikaanse…

Wêreld Nuusflitse – 18 Augustus

België Politieke spanning is aan die oplaai in die Franssprekende politieke bedeling van België, en die minister van finansies,  André Flahaut, het uitgevaar teen diegene wat nie bereid is om…

Belgiese stad maak reuse roereier gereg

In die Belgiese stad Malmedy word ’n jarelange tradisie voortgesit, en het die inwoners weer vanjaar ’n reuse omelet (of dalk ’n roereier gereg) gemaak wat die rekordboeke herskryf. Die…

Swede die angel of die vredemaker?

Daar bestaan steeds ’n spesiale band tussen Swede en die Noord-Koreane met die bewys daarvan dat ’n ou Volvo motor wat reeds 500 000 km afgelê het, spesiale aandag gekry…

VSA satelliet bespied Noord-Korea

Terwyl Noord-Korea beweer dat hy “elke beweging van Amerika” dophou, het die Amerikaners ’n reuse voorsprong omdat hulle die kommuniste se bewegings nou voltyds monitor deur middel van ’n satelliet….

Duitsers omgekrap oor Russiese aanstelling

Baie Duitse kiesers is woedend nadat dit bekend geword het dat die voormalige Bondskanselier, Gerhard Schröder, ’n direkteurspos aanvaar het by die Russe. Gerhard Schröder se aanvaarding van die nominasie…

Glorielose 100 dae vir Franse president

Hy is die jongste president wat Frankryk se Vyfde Republiek ooit gehad het, en was aanvanklik heel gewild onder die Franse kiesers, maar nou het die skaal se anderkant swaarder…

Siërra Leone pleit vir hulp na ramp

Die president van Siërra Leone het om hulp gevra nadat meer as 500 mense omgekom het in ’n modderstorting na hewige reën die gebied geteister het. Swaar reënbuie het die…

Iran dreig om kernverdrag te kanselleer

Iran se president Hassan Rouhani het gedreig om die kernwapen ooreenkoms te kanselleer wat hy in 2015 onderteken het tydens die Obama bewind in die Verenigde State van Amerika. Rouhani…

Wêreld Nuusflitse – 17 Augustus

Madeira Op die eiland Madeira het 13 mense omgekom tydens ’n geloof byeenkoms toe ’n reuse boom op die feesgangers geval het. Duisende mense besoek die eiland elke jaar vir…

Egiptiese treinongeluk veroorsaak chaos

Twee treine wat saam in ’n ongeluk betrokke was in Egipte, het die dood van minstens 42 passasiers veroorsaak en meer as 140 het ernstige beserings opgedoen. Mediese personeel het…

Bitcoin waarde spring hemelhoog

Die digitale munt Bitcoin (deesdae ook bekend as Internetgeld of as virtuele geld) het vir die eerste keer in sy bestaan van net meer as 9 jaar, die R55 000…

“Dokters Sonder Grense” skrik wakker

Die “Dokters Sonder Grense”, wat hulle reeds vir etlike jare bemoei het om sogenaamde vlugtelinge wat na Europa probeer gaan om ’n beter lewe te voer, het glo besluit om…

Oekraïne lewer onderdele aan N-Korea

’n Vervaardiger van onderdele in die Oekraïne lewer belangrike onderdele aan die kommunistiese Noord-Korea om sy missiele te ontwikkel. Die lewering van onderdele verklaar nou aan wetenskaplikes waarom die land…

Diewe steel tonne sjokolade in Duitsland

Die polisie in die sentrale gebied van Duitsland is op ’n jagtog, soekend na diewe wat weggekom het met ’n sleepwa gelaai met 20 ton sjokolade. Asof dit nie genoeg…

Een missiel, en die oorlog begin!

Noord-Korea moet net en missiel afstuur in die rigting van enige deel van die Amerikaanse grondgebied, dan het “die oorlog begin”. Dit is die waarskuwing van die Amerikaanse minister van…

Wêreld Nuusflitse – 16 Augustus

Duitsland Duitsers is ontevrede oor die volksvreemde restaurante in die land waar nie ’n woord Duits gespreek word nie, en die spyskaart nie tradisionele kossoorte bied nie.   Siërra-Leone Meer…

Vark organe meer veilig vir oorplanting

Wetenskaplikes verbonde aan die Universiteit van Harvard kon daarin slaag om genetiese “modifikasies” aan te bring by varke wat die diere se organe vry van skadelike virusse maak om na…

Vyf VSA diplomate word doof in Kuba

Minstens vyf van die Amerikaanse diplomate wat in Kuba diens gedoen het, het ’n ernstige gehoorprobleem ontwikkel en uiteindelik doof geword. Die gehoorprobleem het in die afgelope paar maande ontstaan…

VSA dreig Venezuela met militêre optrede

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het vroeër die president van Venezuela daarvan beskuldig dat hy ’n diktator is, maar nou het hy die land gewaarsku dat militêre optrede nie uitgesluit…

Lêhenne ook besmet met gifstof

By een van België se hoenderboere waar besmette hoendereiers klaarblyklik gevind is, het toetse ook bewys dat die lêhenne van dieselfde gifstof in hulle sisteem het. Nadere ondersoeke het aan…

Trump: Praat vir jou eie land Merkel

President Donald Trump het weereens getoon dat hy en die Duitse Bondskanselier, Angela Merkel, nie graag langs dieselfde vuur wil wees nie. Hy het die Bondskanselier letterlik toegesnou nadat sy…

Guam se goewerneur steun Trump

Die goewerneur van die klein eiland Guam, het sy waardering uitgespreek vir die ferm optrede van president Donald Trump nadat die kommunistiese Noord-Korea gedreig het om die eiland aan te…

Duisende VSA regses trek saam in Virginië

Duisende nasionalisties gesindes in Amerika het ’n massa byeenkoms gehou in die universiteitstad Charlottesville, in die deelstaat Virginië om beswaar te maak teen die verwydering van ’n Amerikaanse generaal se…

Jaar 2016 was warmste ooit

Die jaar 2016 was wêreldwyd die warmste jaar ooit sedert temperatuurmetings begin is op verskeie plekke op aarde. Die bevinding is gemaak deur die Amerikaanse Natuur Agentskap (NOAA) in sy…

Trump gooi petrol in die vuur

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het getoon dat hy nie berou het oor sy skerp uitlating teenoor Noord-Korea toe hy die land gewaarsku het dat Amerika sal slaan op ’n…

Eier skandaal: Twee bestuurders in hegtenis

Die reuse maatskappy, Chickfriend, het klaarblyklik ’n aandeel in die besmetting van miljoene hoendereiers, en twee van sy senior bestuurders is in hegtenis geneem. Die twee bestuurders word aangehou weens…

Spanning verhoog in Kenia na verkiesing

Die verkiesingskommissie in Kenia was nog besig om die finale uitslag van die algemene verkiesing te bepaal toe die leier van die opposisieparty reeds geëis het dat hy die verkiesing…

Bekgeveg lei tot kant-kies proses

AS die VSA en Noord-Korea werklik tot oorlog sou oorgaan, sal Sjina beslis die Noord-Koreaanse bondgenoot steun. Dit is die siening wat in die Sjinese staatskoerant uiteengesit is nadat die…