Wit Huis: Nog twee seniors bedank

Dit is nie President Donald Trump se swak menseverhoudings wat daartoe bygedra het dat nog twee sleutel persone in die Wit Huis hulle bedankings ingehandig het.

Die voormalige uitvoerende hoof van Fox Nuus, Bill Shine wat tans kommunikasie direkteur in die Wit Huis is, het besluit om uit te tree.

Die Lugmag Sekretaris, Heather Wilson, het ook haar bedanking aangekondig wat meebring dat twee sleutel poste vakant raak.

Die kommunikasie direkteur was slegs agt maande in die amp, maar is nie verlore vir die Trump regering nie aangesien hy as hoof van die president se 2020 verkiesingsveldtog sal diens doen.

Heather Wilson het besluit om terug te keer na ’n akademiese pos.