VSA verhoog heffings vir Indie en Turkye

Die Amerikaanse president, Donald Trump, is besig om maatreëls te tref sodat handelsterme vir Indië en Turkye belas sal word wat miljarde dollar se uitvoere beïnvloed.

Indië het blykbaar nagelaat om die VSA te verseker van redelike toegang tot sy markte en daarom word bykomende heffings op die goedere geplaas.

Indien die maatreëls deur die VSA ingestel word, sal dit meebring dat Indië sowel as Turkye hulle voorkeur handelstariewe met die VSA gaan verbeur.

Die Amerikaanse president het ook gesê dat Turkye nie langer kwalifiseer vir voorkeur handelstariewe nie, wat kan beteken dat Turkye ook aansienlik meer vir sy goedere uit die VSA sal moet opdok.

Dit is klaarblyklik deel van die Amerikaanse president se beleid om die VSA weer sterk te maak soos wat hy in sy verkiesingsveldtog belowe het.