VSA: Moslem betig deur Demokrate

’n Lid van die Amerikaanse Kongres, die 37 jarige Ilhan Omar, is ’n verteenwoordiger van die vêr linkse Demokratiese Party, maar raak al meer ongewild onder haar partygenote.

Die Moslem vrou het vir ’n groot opskudding veroorsaak toe sy as lid van die Kongres gekies is deur die Demokratiese Party se ondersteuners.

In die afgelope paar dae het haar “gewildheid” as Kongreslid skerp gedaal weens haar uitsprake teen die Israelse regering.

In die sowat 60 dae wat sy as llid van die Kongres die Demokrate verteenwoordig, is sy twee keer deur haar party se Kongreslede aangespreek oor haar uitlatings.

Di Amerikaners in die Kongres begin die gevoel kry dat sy ’n stryd begin teen die Israeliese regering deur misbruik te maak van haar posisie as lid van die Kongres, en sommige meen sy maak haar skuldig aan anti-Semitiese uitlatings.

Foto – Ilhan Omar